Lettertipe

'n Voorbeeld van een stel lettertipes van die ontwerper William Caslon in Chambers se Cyclopaedia (1728).

In tipografie het lettertipe tradisioneel verwys na ’n letter van ’n enkele grootte of tipe, soos 10-pt-Arial. In moderne gebruik beteken lettertipe of font ’n hele letterfamilie, soos Arial, insluitende ekstra simbole. ’n Font kan ook net uit ekstra simbole bestaan, soos dié met wiskundetekens. Gebruiklike fonts in Microsoft Windows is "Arial", "Courier New", "Times New Roman", "Tahoma", "Verdana", ens.

In die tradisionele drukkuns was die font van hout of lood. Die woorde "bokas" vir hoofletters en "onderkas" vir kleinletters word steeds gebruik; dit het ontstaan na aanleiding van in watter letterkas die letters gehou is. Reëlspasiëring word ook steeds in Engels leading genoem, na aanleiding van die dun strokies lood wat tussen reëls ingedruk is om die spasiëring te vergroot. Letterfamilies is in stelle verkoop, maar sommige karakters soos aandagstrepe, spasies en reëlspasieerders het nie tot ’n spesifieke letterfamilie behoort nie en was generiese karakters wat saam met enige lettertipe gebruik kon word.[1]

Vandag bestaan ’n font uit ’n digitale lêer.

  1. "Basic Letterpress Tools" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2015. Besoek op 7 Desember 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search